Rijksmuseum

Rijksmuseum
'n Beeld van die museum.

Openingsjaar 19 November 1798[1]
Tipe museum Nasionale museum
Kunsmuseum
Geskiedenismuseum
Webtuiste www.rijksmuseum.nl

Die Rijksmuseum is 'n Nederlandse museum[2] wat gewy is aan kuns en geskiedenis en wat in Amsterdam geleë is. Die museum is geleë op die Museumplein in die buurt Amsterdam-Suid, naby die Van Gogh-museum, die Stedelijk Museum Amsterdam en die Concertgebouw.  

Die Rijksmuseum is op 19 November 1798 in Den Haag gestig en het in 1808 na Amsterdam verhuis, waar dit eers in die Koninklike Paleis en later in die Trippenhuis geleë was. Die huidige hoofgebou is deur Pierre Cuypers ontwerp en die eerste keer in 1885 geopen.[3] Op 13 April 2013, na 'n tien jaar-lange restourasieproses wat 375 miljoen gekos het, is die hoofgebou deur koningin Beatrix heropen.[4][5] In 2013 en 2014 was dit die mees besoekte museum in Nederland, met rekordgetalle van 2,2 miljoen en 2,47 miljoen besoekers.[6] Dit is ook die grootste kunsmuseum in die land.

Die museum stal tans 8000 kuns- en geskiedenisvoorwerpe uit, uit hul totale versameling van 1 miljoen voorwerpe wat uit die jare 1200–2000 dateer, insluitende enkele meesterwerke van Rembrandt, Frans Hals en Johannes Vermeer. Die museum beskik ook oor 'n klein Asiatiese versameling wat in die Asiatiese paviljoen te sien is.[3]

  1. Geskiedenis van die Rijksmuseum, Rijksmuseum. Opgespoor 4 April 2013.
  2. "The beginning". History of the Rijksmuseum (in Engels). Rijksmuseum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Junie 2019. Besoek op 2 Februarie 2018.
  3. 3,0 3,1 Die restourasie, Rijksmuseum. Opgespoor op 4 April 2013.
  4. "Rijksmuseum set for grand reopening in Amsterdam". BBC News. 4 April 2013. Opgespoor op 4 April 2013.
  5. "The Rijksmuseum reopens: A new golden age". The Economist (Londen). 13 April 2013. Opgespoor op 14 April 2013.
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named visitors2013

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search